Christo en Karlien

Beste De la Rey, Mariëtte, Angelique, Heleen. Ons het heerlik in Mauritius gekuier en geniet die getroude lewe. Ons wil graag vir Gabbata weereens ‘n baie groot dankie sê vir die uitstekende diens, heerlike kos en al julle gasvryheid met ons troue. Julle het verseker bygedra om ons mooi dag baie spesiaal te maak en dit sal ons altyd bybly. De la Rey, jou bedagsaamheid en spesiale bydra van die ontbyt kelkie tot die ekstra blomme op die troukoek sê ons ook baie dankie, dit word baie waardeer. Dit was baie lekker dat julle deel van ons groot dag kon wees en ons wens julle baie sterkte toe vir die toekoms.

Elize

Baie dankie sê vir al julle hulp, bystand, geduld, advies, goeie voorstelle en liefde met die reëlings vir my 60ste verjaardag. Die tafels, dekor, blomme, kos, poeding & verjaardag koek was pragtig en heerlik – vyfstêr!!  Dra asb ook my dank weer oor aan almal wat betrokke was vir die ongelooflike goeie diens.